DIE ONBEKENDE LIRIEKE1. Glo
|
6. Eb en Vloed (Wapens) Woorde & Musiek Jac Blanc Jy hou in my; jy hou in my jou vryheid en jou kruis. Jy hou in my; jy hou in my jou vloed en jou eb-gety. Ek sien die buitelyne van jou skip. Ek klou aan jou soos jy aan my ek voel jou glip. Ek hoor jou smeek… Le neer jou wapens. Le neer jou wapens vanaand. Jy bombardeer my met jou wapens. Le neer jou wapens vanaand. Die vrede sal verstaan. Jy bly by my; jy bly by my deur al jou vreugde en al jou pyn. Jy bly by my; jy bly by my wanneer in vrede en in tweestryd. Ek sien swaar weer, tog skyn die son op die horison. Net voor dit reen toe voel ek weer n hittegolf. Ek hoor jou smeek… Le neer jou wapens. Le neer jou wapens vanaand. Jy bombardeer my met jou wapens. Le neer jou wapens vanaand. Die vrede sal verstaan Hoor jy my ook smeek? Le neer jou wapens, le neer jou wapens laat dit staan. Jy bombardeer my met jou wapens. Le neer jou wapens vanaand, want more moet ek gaan. 7. Vir Ander Woorde Jac Blanc & Musiek Darryl de Lange Onder dieselfde sterre moet ons twee weer vanaand tot ruste kom. Moet ek myself beheer en myself bedaar en my lot aanvaar. Onder ‘n sterrelose hemel sink ek weg en hunker ek na verre lande, ver vergete in die mis van tyd, nou net soos altyd. Oordeel my vooruit, graf wat jy ronddra in al jou vrae. Breuk die stiltestryd, ons moet verander net vir ander. Sonder dieselfde see aan ons voete baljaar die branders steeds jaar na jaar. Solank ons stilbly, solank as moontlik, sal die vrae verdwyn. Bewonder die oë wat jy jou bewonder agter glas, geraam in jou kamer ons moet mekaar vergewe, mekaar laat lewe soos wat ons wil, nou net soos altyd. Oordeel my vooruit, graf wat jy ronddra in al jou vrae. Breuk die stiltestryd, ons moet verander net vir ander. Verander my in tyd, dat jy na my kan kyk en ek kort voor lank net soos jy lyk. Verander my in tyd, dat jy na my kan kyk en ek kort voor lank net soos jy lyk. Almal is anders, almal verander. Oordeel my vooruit, graf wat jy ronddra in al jou vrae. Breuk die stiltestryd, ons moet verander net vir ander. Verander! Ons moet verander, vir ander, net vir ander. 8. Seeheim Woorde & Musiek, Jac Blanc Die Transkaroo het tans ontspoor, en al my drome langs die spoor verloor. In die middel van die Klein Karoo maak ek my koffer oop en vind jou woorde. My verlange na die see. My verlange word meer en meer. Soos daechavue voel ek net soos jy voel; vasgevang in ’n dorre landskap. Sonder seile en haweloos, dobber ons rond vrugteloos. My verlange na die see. My verlange word meer en meer. Heimwee na die see. Heimwee na die see. Almal op die strand, ons hol daar rond. Ons jaag die skuim, ons verlaat die grond. Soos beste vriende, ons wys dit goed. Ons breuk die reels, ons soen mekaar. Ons soen mekaar. Ons sing in stormwaterpype. Ons sing in stormwaterpype. My verlange na die see My verlange word meer en meer. 9. Werke van Sy hande Woorde & Musiek, Jac Blanc Ek weier om weer 'n woord oor jou te skryf. Jy dink nogsteeds jys al een wat my bereik. Ek weier om weer my kop oor jou te breuk. Ek dink nog steeds jy's al een wat my gebruik. Ek slaan my oë op na die berge. Waarvandaan sal my hulp dan vandaan kom? Ek het 'jou en my' in my en jy het al jou vryheid. Ek weier om weer 'n woord oor jou te praat. Jou twee swakhede is jou woord en daad. Jy skuil in plekke waar ek van jou vergeet. Maar binnekort sal ek jou geheel uitvee. Ek slaan my oë op na die berge. Waarvandaan sal my hulp dan vandaan kom? Ek slaan my oë op na die wolke… Ek het 'jou en my' in my en jy het al jou vryheid. Jy het my beroof jy kan dit hou, jy't dit klaar gebruik, dis joune. Jy het my beroof jy kan dit hou, jy't haar klaar gebruik sy's joune. Net joune! Ek slaan my oë op na die wolke, daarvandaan sal my hulp dan vandaan kom. “Wat nooit laat vaar die werke van Sy hande nie”. Ek het 'jou en my' in my en jy het al jou vryheid. Vryheid, al jou vryheid, al jou vryheid. Ek weier om weer n woord oor jou te sing 10. Netsowel Woorde & Musiek, Jac Blanc Ek kan netsowel myself wees, want die wereld om my verval. Ek kan netsowel stroom-op swem voor victoria waterval. Dink jy nie ook so nie? Dink jy nie ook so nie? Ek kan netsowel my hand uitsteek en jou uit die water help. Ek kan netsowel my ore spits as jy jou storie aan my vertel. Dink jy nie ook so nie? Dink jy nie ook so nie? Ek kan netsowel maar nigter bly en alles voel gebeur. Ek kan netsowel myself vergeet en biki meer van jou leer. Dink jy nie ook so nie? Dink jy nie ook so nie? Ek kan netsowel my drome volg soos jy jou hart agtervolg. Ek kan netsowel my woorde tel en vir my eie geluk sorg. Hongerly vir woorde vry, wisselstroom wissel baan en ry, tot waar ek nie meer kan ry nie. Vind jou vryheid, dieper delf, sien die skoonheid in jouself en leef vreedsaam in vrede. Wat help dit jou om hulp te vra vir kruise wat jyself moet dra en leer, die lesse van die lewe. Leer die lesse van die lewe. Leer die lesse van die lewe. Ek kan netsowel… 11. Eenvoudt Woorde & Musiek, Jac Blanc Hier sit ek weer en wag, tot net na 8, sodat ek jou kan bekostig. Ons praat die fone aan die brand, ons wissel woorde van hoop en liefde. En ons hoop vir liefde; ons wissel woorde. Want ek kan nie jou nou bekostig. Maar ek kan nie bekostig om jou te laat gaan nie. Net so eenvoudig soos my akkoorde, het ek jou nodig, meer as woorde. Ek staan weer langs die pad, interduim, koud en kaalvoet, ek bibber deur die weer. En die prys van petrol (styg) maar dit sal my nooit weer weg kan hou. Doelgerig opad na jou, waar alles warm is en jou arms my omvou. O jou arms. Want ek kan nie jou nou bekostig. Maar ek kan nie bekostig om jou te laat gaan nie. Net so eenvoudig soos my akkoorde, het ek jou nodig, meer as woorde. Almal om die tafel kuier en klets. Jou ma skep sop op, en als is eerste klas. Jy vlieg 2de klas na ‘n ver, ver land toe. Maar jy sal fine wees, jy’s mos ’n ‘overlander’. Ons was so gemaklik, als was maklik, ons was bymekaar. Maar nou die afstand, die afstand. Die eenvoud, die een fout, dryf ons verder, verder uitmekaar. Ek’s jammer oor al my aanjaag en droogmaak. Ek’s jammer oor al my aanjaag en droogmaak. Ek’s jammer.
|
|
JAC BLANC: Email jacblancband@gmail.com Facebook Jac Blanc se Groep • DARRYL DE LANGE: Email darryl@musicology.co.za |
||