WHAT THE SONGS MEAN TO ME

1.   WOLWEDANS     LIRIEKE

Wat beteken die song vir my:

Ek wil nie graag te veel se oor die song, in terme van wat dit vir my beteken nie, want ek wil nog graag eendag deur ‘n goeie record company gesign word. In die eerste week van die album se vrystelling, het my vriend Graham vir my gese hoe baie die song vir hom beteken, en vir my in detail vertel wat elke line vir hom beteken, en wat dit vir hom beteken. Sy interpretasie van die song is baie mooier as my oorspronklike storie,
en dus sou my storie afbreek gedoen het aan syne.                               Daar is wolwe in alle aspekte van die lewe. Soms verskeur hulle ons, as ons nie saam met hulle dans nie, en soms verskeur hulle ons, juis omdat ons saam met hulle dans. Maar soms verskeur dit hulle, as ons nie saam met hulle dans nie. Indien ons verseker verskering in die gesig staar, laat dit ten minste op ons eie terme gebeur.  Wolwedans is 'n positiewe song, en moet nie verwar word met 'n geestelike stryd om aanvaarding nie. Dit spreek van ons aardse stryd om aanvaarding.

2.   ALS VIR MY     LIRIEKE

Wat beteken die song vir my:

Die song is oor meer as 2 jaar geskryf, en strek oor verskillende stadiums van dieselfde verhouding. Die verses is geskryf toe die verhouding op ‘n hoogtepunt was, en kyk terug op al die goeie tye van die begin af. Die chorus vertel van die tyd nadat die verhouding tot ‘n einde gekom het. En hier word besef, dat die persoon belangriker geword het as net binne die grense van 'n verhouding.
Die 3de verse of bridge is geskryf  nadat die verhouding vir die laaste maal finaal tot ‘n einde gekom het.Dis vir my persoonlik ‘n baie emosionele deel, en so eerlik binne konteks, dat ek gevoel het die song moet net daardie deel van die storie ook vertel.

3.   BETER AS EK     LIRIEKE

Wat beteken die song vir my:

Die song is redelik voor-die-hand-liggend. Dit spreek mense aan, wat op ander neerkyk en hulleself verhef, vanwee hulle aardse rykdom. "What you own, end up up owning you.” Hoe naief is mense wat baie geld het, om te dink hulle is beter as ander, omdat hulle geldsakkies het wat klingel? Ons vat mos nie tasse saam as ons weggaan van hier af nie. Dis vir my vreemd hoe die betekenis van 'n song wat mens self geskryf het, vir mens self heeltemal kan verander na 'n ruk. Beter as ek, is 'n baie goeie voorbeeld hiervan. 

 

4.   IN MEMORY OF YOU     LYRICS

Wat beteken die song vir my:

To Her:
Beauty dressed her in all its glory.   She’s dressed so perfectly.
She shines like lights on water for all to see.
She unveils her body slowly.  Reveals a tattoo to me.
Her:
It’s where love left a permanent mark for all to see.
This disease came between us, she says it took away.
The most beautiful love life was taken away.

To Him:
In memory of you, the one she most adored.
To her I’ll be true, in everything I do.
Forever and ever in love… with you.


To Him:
I will never take for granted, the silly little things she’ll do.
I will treasure every moment just like you would do.
She’s the one that I want to be with, even if it takes my life.
She’s the one that I want to be with, all my life.
And the more that I learn from her, the more I wanna be.
The love she was feeling, the same love for me.

To Him:
In memory of you, the one she most adored.
To her I’ll be true, in everything I do.
Forever and ever.

To Her:
If I could bring him back I would, so that you could,
Feel happiness just like you should.
If I could bring him back I would, so that you could,
Could be complete, just like you should.
You should, you should.

To Him
In memory of you, the one she most adored.
To her I’ll be true, I swear.
In memory of you, the one she most adored.
To her I’ll be true, in everything I do.
Forever and ever in love…

5.   LEGEND     LIRIEKE

Wat beteken song vir my:
Legend is geskryf vir ons ‘live-shows’, en dis ‘n ‘feel-good’, ‘sing-along’ song. Ek dink dis ‘n positiewe boodskap om niemand te oordeel op grond van dinge wat jy nie verstaan nie. We must just all learn to get along. En belangriker nog. Ons is ALMAL legends. Dit verander die prentjie effens, sodra ons ander mense behandel asof hulle legends is, selfs die wat op ons neerkyk. Want ons is almal legendary en perfek gemaak, met al ons imperfections, perfek in plek! Sodra jy besef hoe spesiaal jy gemaak is, kan jy jouself begin liefhe, en dan kan die proses van liefde teenoor ander eers begin. En dan sal die Skepping waarvan ons ‘n perfekte deel is, vir ons meer waarde kry as die silwer en goud waaraan ons soveel waarde heg. 


6.   CHEWING GUM     LYRICS

What song means to me:

This song is just a silly take on a sinacle old man's advice on love.             It might be obvious by now that I disagree with this old gentleman's opinion.


7.   WATERS WAAR RUS IS     LIRIEKE

Wat beteken song vir my:

Dit is vir my so 'n bewys dat ons na 'n plek van Rus gelei word, en dat ons nie danksy ons eie toedoen daar kom nie. Ek het hierdie song geskryf toe ekself maar onseker was van dinge wat in my lewe uit plek was. Ek het vrae gevra wat nie antwoorde benodig nie. Ek wou God se plan vir my lewe totaal en al verstaan, alhoewel ek nie eers 'n watermolekuul se binding verstaan nie. Maar dit het niks verander aan die feit dat ek water benodig het om te oorleef nie. Ons is so ongeletterd in alle aspekte van die lewe, en bevraagteken dit nie. Maar om een of ander rede dring ons aan daarop, om God te moet verstaan. As ons nie die skepping kan verstaan nie, hoe kan ons verwag om die Skepper volkome te verstaan?

 

8.   GDNTEVRWSSLNG     LIRIEKE 

Wat beteken song vir my:

Die song gaan oor ‘skeletons & clossets’ en misverstande met verrykende gevolge. Die song waarsku teen “conforming” en “blame”. Ons almal ondergaan die heeltyd gedaanteverwisselings, solank dit net vir die regte redes is, en in die regte rigting is.  Die song het tot stand gekom danksy my aantrekking tot die woord: Gedaanteverwisseling. Dis vir my so ‘n mooi voorbeeld van die “expressiveness” van Afrikaans. Ek kan nie eers dink wat “gedaanteverwisseling” in Engels is nie. (Vreemd dat die woord: “expressiveness” weer beter klink in Engels…) My liefde vir hierdie mooi woord het 'n gedaanteverwisseling tot stand gebring. 

9.   KKNK     LIRIEKE

Wat beteken song vir my:

Ka..ke..ka..kekeke..ka..ke..ka

KKNK

10. OM VERLIEF TE WEES
     LIRIEKE

Wat beteken song vir my:

Die song is die gevolg van my emosionele toestand, terwyl ek in Pretoria was, met alles wat vir my bekend was, 1200km ver van my af. Dit het gevoel asof my planne, om musiek te maak vir ‘n lewe, die heeltyd gedwarsboom word. Maar ons planne is nie altyd wat vir ons beplan is nie. En nou dat ek my rol beter verstaan, bestaan daar geen twyfel meer nie.
Dis seker waar, wat die wyse Engelsman sit en uitdink het: “Distance makes the heart grow fond”. Die song gaan oor liefde wat konstant bly, selfs al verander ‘n mens se omstandighede.
Mens moet nooit LIEFDE verwar met iets wat veranderlik is nie. Liefde is konstant en onveranderlik, dis net ‘n mens se interpretasie van liefde wat verander.


11. PLEASE PLAY AGAIN     LYRICS

What song means to me:

The song tells the story of a child’s murder and a father’s revenge.
When the most innocent and helpless gets attacked by the wicked, rationality makes way for revenge.

The saddest thing about the song, to me, is the fact that stories like this, even exist in our minds, and worse than that, they actually happen in our country on a daily basis. Even though it makes me so happy that I wrote this song, it makes me sick to think that it came from my imagination. We have become so numb to violence and wickedness, that it has become an acceptable part of life as we know it. We should not be living in fear. Fear is the direct opposite of love, and love is sacred, because God is love.

This song is also a reason to rise against the criminal factor.

               HOME              FREE DOWNLOAD              MORE MUSIC              ALBUM INFO              BLOG & COMMENTS              SPONSOR A SONG              
JAC BLANC: Email jacblancband@gmail.com  • Facebook GroupFanpageDARRYL DE LANGE: Email darryl@musicology.co.za
 
Make a Free Website with Yola.